Olieprys sal styg as sanksies teen Rusland opgehef word

Oliepryse het verlede week effens gedaal, aangevuur deur die vooruitsig vir ‘n vredesooreenkoms tussen Rusland en die Oekraïne. Dit sal wêreldwye voorsieningsonderbrekings kan verlig deur sanksies teen Moskou te beëindig. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gepraat oor die implikasies vir oliepryse sou sanksies teen Rusland opgehef word.