Chinese palm nóg reusetenders in

NamWater se tender vir die vervanging van die pyplyn tussen Keetmanshoop en Naute, ter waarde van 191 miljoen Namibiese dollar, is aan die China State Engineering toegeken. Dit beteken dat al ses van die grootste waterinfrastruktuur-tenders, met a totale waarde van net meer as 2 miljard Namibiese dollar, aan Chinese firmas toegeken is. Die jongste tender is op ‘n beperkte bodproses uitgereik. NamWater het reeds onder skoot gekom hiervoor en het kontrakte vir finansiering blameer en voeg by dat Namibiese maatskappye beperk is in hulle kapasiteit.