SA soek miljarde by Wêreldbank

Suid-Afrika se tesourie is besig met onderhandelinge om ‘n ontwikkelingslening ter waarde van 27 miljard Suid-Afrikaanse rand van die Wêreldbank te bekom, berig News24. Dié lening sal aangewend word vir die herstrukturering van die kragopwekkingsektor, die vervoer- en logistieksektor, asook die oorgang na ‘n laekoolstof-ekonomie. Sou die Wêreldbank die lening goedkeur, sal dit een van die grootstes wees wat Suid-Afrika nóg van die instelling bekom het.