Jannik Sinner vir drie maande geskors
Die wêreld se nommer een-tennisspeler, Jannik Sinner, het ‘n onmiddellike drie-maande skorsing aanvaar nadat hy ‘n skikking bereik het met die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels oor sy twee positiewe opkikkermiddeltoetse verlede jaar. Die 23-jarige Italianer, wat verlede maand die Australiese Ope gewen het, is geskors van 9 Februarie tot 4 Mei. Hy sal kan speel in vanjaar se volgende Grand Slam-byeenkoms, die Franse Ope, wat op 19 Mei begin.