Knopvelsiekte g’n van Noorde na Omaheke ‘ingevoer’: Schlettwein

‘n Uitbreking van knopvelsiekte is in talle gebiede regoor die land aangemeld. Dit is ‘n virussiekte wat deur bloedvoedende insekte soos vlieë, muskiete en bosluise oorgedra word. Plasings op sosiale media beweer dat beeste van noord van die rooilyn na die Omaheke-streek gesmokkel is, wat na bewering baie veevrektes veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met landbouminister Calle Schlettwein gepraat, wat sê hy glo die stellings is vals aangesien die uitbreking oorspronklik in die Omaheke-streek begin het.