Arabiese Liga verwerp Trump se Gaza-planne

Die sekretaris-generaal van die Arabiese Liga, Ahmed Aboul Gheit, verwerp enige verskuiwing van Palestyne uit die Gazastrook en die Wesoewer en beskryf dit as onaanvaarbaar vir die streek. Hy sê vandag is dit Gaza se beurt en môre verskuif dit na die Wesoewer met die doel om al die geskiedkundige inwoners uit Palestina te verwyder. Aboul Gheit het reageer op die plan van die Amerikaanse president, Donald Trump, om Palestyne uit Gaza te verskuif. Dit word wyd veroordeel in die Arabiese wêreld.