Hulde aan Tommy Collard van Living Desert Tours
Tommy Collard, die stigter van Tommy’s Tours & Safaris, nou bekend as Living Desert Tours, is oorlede. Hy het die ikoniese toer ontwikkel, ‘n unieke 4×4 avontuurrit deur die duine buite Swakopmund. Collard se diep liefde vir die woestyn en sy natuurlewe het die toer vir vele besoekers ‘n onvergeetlike ervaring gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Chantelle Bosch, ‘n voormalige kollega van Collard by Living Desert Tours.