Snelbouler Starc onttrek uit Aussie-span
Die Australiese snelbouler Mitchell Starc het om persoonlike redes onttrek aan die Kampioenetrofee wat volgende week in Pakistan begin. Dit beteken Australië sal die toernooi aanpak sonder sy hele snelboulaanval wat die Wêreldbekertoernooi help wen het. Dit volg nadat Pat Cummins, Josh Hazlewood en Mitchell Marsh reeds weens beserings moes onttrek, terwyl Marcus Stoinis uitgetree het. Steve Smith sal die span aanvoer in Cummins se afwesigheid.