Trigon en Kombat-werkers gesels, maar arbitrasie-eis ingedien

Die sluiting van Kombat-myn na oorstromings op 16 Januarie en ongeveer 500 werkers wat einde Januarie huis toe gestuur is, is ‘n arbitrasie-eis deur die mynwerkersvakbond by die arbeidskommissaris ingedien. Die vakbond voer aan die afdankings was onwettig. Intussen sê die vakbond aan Kosmos 94.1 Nuus dat Trigon Metals uitgereik het en beraadslaging tussen die partye sal voortgaan voor die saak voor die arbeidskommissaris verskyn. George Ampweya van die vakbond verduidelik.