Sauma stem saam met Schlettwein oor waterbehoud
Landbouminister Calle Schlettwein het by die onlangse watersimposium in Keetmanshoop die kwessie van voorgestelde mynbou- en energie-intensiewe projekte in die Omaheke-streek aangespreek. Hy het gesê dit moet so geïmplementeer dat die volhoubaarheid van water- en ander skaars natuurlike hulpbronne verseker word. Een hiervan is uraan-eksplorasie en beoogde ekstraksie daarvan in die Stampriet akwifer, wat beveg word deur onder andere die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, of Sauma. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Wolfi Teichert van die Sauma bestuurskommittee.