Mutorwa belowe heinings op nasionale paaie

Namibië beplan om heinings langs nasionale hoofweë op te rig as ‘n maatreël om ongelukke wat deur rondloperdiere veroorsaak word te verminder sodra die Padwetsontwerp geïmplementeer word. Die lynminister John Mutorwa sê rondloper wilde en mak diere is ‘n bedreiging vir padveiligheid. Die Motorvoertuig Ongelukkefonds  sê dat die diere ‘n gemiddelde van 436 sterftes jaarliks oor die afgelope drie jaar veroorsaak het.