McKenzie sê SA moet wraak teen M23 neem
Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie vra wraak teen die M23-rebelle wat verantwoordelik is vir die dood van 14 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Demokratiese Republiek die Kongo. McKenzie het tydens ‘n dringende Parlementêre debat sy medelye met die gesneuwelde soldate se naasbestaandes betuig. Hy het lede van die Parlement wat beweer hulle is opperbevelvoerders gekritiseer en daag hulle uit om saam met die soldate te gaan veg: