Byna al die groot damme vat water

Byna al die groot damme het water gevat. Die drie sentrale damme is nou altesaam 20,8 persent vol. Swakoppoort staan op 27,4 persent en Von Bach op 26,3 persent. Die Omatako is op 5,3 persent. In die suide is Hardap op 22,1 persent na inloop van 21,6 miljoen kubieke meter. Neckartal is op 79,8 persent en Naute op 31,9 persent. Oanob is op 33,4 persent. Die Ooste se totale bronne is op 2 persent, met die Otjiverodam wat 1,3 persent water het. Die slikdam het effe gestyg na 2,7 persent. Die Daan Viljoendam is 10,2 persent vol en die Tilda Viljoen is leeg. Die Olushandjadam in die Noorde het 38,1 persent water.