Buro vir verbruikersbeskerming sneuwel onder Trump

Amerikaanse president Donald Trump se nuut geïnstalleerde hoof van die Buro vir Finansiële Beskerming van Verbruikers, Russell Vought, het personeel opdrag gegee om alle aktiwiteite te staak, insluitend toesig oor maatskappye. Vought het op X aangekondig dat hy die buro se befondsing vir die volgende kwartaal sal verminder na nul, en gesê die meer as 700 miljard Amerikaanse dollar in kontant voorhande is voldoende. Die buro hou toesig oor verbruikersgerigte finansiële maatskappye soos banke en kontantoordragdienste om onbillike, bedrieglike en roofsugtige praktyke te voorkom. Dennis Kelleher, hoof van Better Markets, wat hom beywer vir strenger regeringstoesig oor die finansiële sektor, beskuldig Trump daarvan dat hy sy kiesers “vir die finansiële wolwe” gooi.