Afrika-HUBs optimisties oor ekonomiese groei
PwC se 28ste Jaarlikse Globale Peiling onder uitvoerende hoofde toon dat 63-persent van die bestuurders in Afrika suid van die Sahara optimisties is oor globale ekonomiese groei, wat meer is as die globale gemiddeld van 55-persent. Die verslag lui die optimisme word aangevuur deur faktore soos rentekoerse wat daal en verbeterde energiesekerheid. Die uitvoerende hoofde is egter bekommerd oor regulatoriese veranderings en inflasie, met 57-persent wat sê hulle is kwesbaar vir inflasiedruk. Intussen dui die peiling aan dat die streek effens agterbly wat die gebruik van kunsmatige intelligensie betref.