Sommige riviere se vloei tel effe op
Die Zambezi-rivier by Katima Mulilo het ‘n styging van 2 sentimeter tot 0,89 meter aangeteken. Die watervlak is baie laer as die 1,58 meter wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier staan op 5,01 meter, laer as die 5,58 meter verlede jaar. Die vloei van die Kunene by Ruacana tel op en is tans op 282,10 kubieke meter per sekonde. Die watervlak by Blouputs en Sendelingsdrift aan die benede Oranje is steeds baie laag en het onderskeidelik 0,34 meter en 0,16 meter gemeet.