Google Maps vier 20 jaar

Google Maps gedenk 20 jaar van innovering en kartering van die wêreld sedert dit in 2005 bekendgestel is. Die toepassing verbind mense wêreldwyd, transformeer navigasie met nutsmiddels soos Street View, intydse verkeer en KI-aangedrewe kenmerke soos Live View en Immersive View. Die platform dek 250-miljoen liggings met vennootskappe met meer as 10 000 transito-agentskappe wêreldwyd. As deel van sy herdenking het Google Suid-Afrika die sluier gelig oor die plekke wat die meeste gesoek word, naamlik Mall of Africa, Tafelberg Nasionale Park en die Maropeng Wieg van die Mensdom.