Netanyahu gee Trump goue roepradio present

Israelse premier, Benjamin Netanyahu, het ʼn vergulde roepradio aan die Amerikaanse president, Donald Trump, geskenk toe die twee vandeesweek by die Withuis ontmoet het. Volgens Netanyahu se kantoor simboliseer die geskenk “’n keerpunt in die oorlog” teen Hizbollah, nadat Israel in September verlede jaar met die gebruik van dodelike roepradio’s ‘n operasie teen die Libanese groep uitgevoer het. Israel sê hierdie strategiese operasie bewys Israel se krag, tegnologiese voortreflikheid en vindingrykheid teen sy vyande.