Inligtingskommissaris kom eers ‘met nuwe regering’
Die inligtingsministerie het verlede Augustus die onderskrywing van die Wet op Toegang tot Inligting No. 8 van 2022-regulasies aangekondig. Lynminister Emma Theofelus het in die parlement gesê die ministerie is besig om met die justisieministerie en die Nasionale Vergadering te skakel om ‘n inligtingskommissaris aan te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die redakteur van Fact Check Namibia, Frederico Links, wat sê dit sal seker eers gebeur wanneer die nuwe regering ingesweer is.