Banke eis N$85,5m in 59 mosiehof-aansoeke

Regters Boas Usiku en Beatrix de Jager het ‘n bielie van ‘n mosiehof vanoggend hanteer in twee sessies. Daar was 108 aansoeke om verstekvonnisse op die rol waarvan 31 reël-108 aansoeke was. Kommersiële banke het 59 aansoeke gebring, gedomineer deur eiendomskuld, met 48. Die skuldlas was 73,5 miljoen Namibiese dollar waaronder drie plase. Die 11 lenings se uitstaande skuld is net so hoog, op 12 miljoen dollar. In Maandag se sessie hanteer regter Eileen Rakow 47 onverdedigde egskeidings.