Deursigtigheidsinisiatief krities vir olie en gas
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n inligtingsessie gehou vir die Extractive Industry Transparency Initiative vir die ontginningsbedryf. Namibië is steeds nie ‘n lid van die inisiatief nie en almal wat om te hoor wat die kabinet besluit het. Die groepering bevorder die oop en verantwoordbare bestuur van olie, gas en minerale hulpbronne. Mark Robinson, die uitvoerende direkteur van die inisiatief het vandag gesprek gevoer met die burgerlike samelewing.
Robinson het die stappe uiteengesit sou die kabinet besluit om aan te sluit.