Ramaphosa belowe ekonomiese groei

President Cyril Ramaphosa sê die dringendste taak vir die regering van nasionale eenheid is om die ekonomie te laat groei en armoede te verminder. Hy het Donderdagaand die staatsrede in Kaapstad gelewer. Ramaphosa sê die regering gaan nog ‘n fase van hervormings van stapel stuur om die ekonomiese groei bo 3 persent te probeer lig. Hy sê die regering gaan oor die volgende drie jaar meer as 940 miljard Suid-Afrikaanse rand aan infrastruktuur bestee: