Fiji kort weer nuwe rugbybaas

Fiji het ‘n nuwe direkteur nodig nadat Laijipa Naulivou binne vier dae afgedank is. Dit volg nadat sy gesê het die nasionale vrouespan het ‘n gay-probleem. Die opmerking tydens ‘n onderhoud het grootskaalse kritiek ontlok as skadelik en diskriminerend. Die gewese kaptein het ook onthul sy het vroeër aanbeveel die span moet gekies word deur ‘n paneel eerder as ‘n gay vrou wat haar eie mense insluit. Naulivou beweer homoseksualiteit was ‘n groot nadeel toe die Fijiana in ‘n vorige wêreldsewes-toernooi gespeel het.