Bank van Namibië wil meer tegnologie, KI inspan

Die Bank van Namibië het sy strategiese plan vir die volgende drie jaar begin. Onder leiding van die goewerneur, Johannes !Gawaxab, het die Bank die grondslag gelê vir ‘n innoverende en samewerkende toekoms. Die bank beplan om meer tegnologie te gebruik, soos om KI vir finansiële transformasie in te span, ‘n slim sentrale bank te bou, die toekoms van kripto te omhels en hul hoofkwartier na Lüderitz uit te brei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josefina Oskar, die bank se kommunikasiebeampte, wat meer inligting gee.