Rioolbesoedeling in see maak Stormers-speler siek

Die GOOD-party herhaal sy oproep op die Stad Kaapstad om met bedryfskenners, akademici, mediese dokters en marienebewaringskundiges te skakel oor die toetsprotokolle by die metro se strande. ‘n Inwonergedrewe ondersoek het die teenwoordigheid van rioolbesoedeling op sekere Kaapse strande in November en Desember verlede jaar gevind. Suzette Little van GOOD sê Netwerk24 het berig dat die Stormers se senter, Dan du Plessis, het na bewering ‘n E. Coli-infeksie opgedoen na hy in Kampsbaai geswem het.