Voedselprysstygings vir Januarie
Inflasie vir Januarie staan op 3,2 persent maar voedselpryse styg steeds. Vrugte het in Januarie met 13,2 persent gestyg teenoor Januarie 2024. Die Namibiese Statistieke-agentskap se verbruikers prysindeks vir Januarie is vrygestel en toon ook dat koffie en tee met 7,8 persent op is terwyl vleis 6,6 persent duurder is. Groente jaag jou 6,3 persent meer uit die sak terwyl suiker en suiker-produkte 5,8 persent op is, Brood en grane is 5,4 persent duurder en olies en vette, 4,4 persent. Vis kos jou 3,5 persent meer en suiwel en eiers, 0,8 persent.