Piesang-oes in September verwag

Namibië sal na verwagting sy eerste oes plaaslik verboude piesangs teen September vanjaar inbring. Die Namibiese Akkerbouraad sê dit volg op die suksesvolle bekendstelling van ‘n piesangbedryfontwikkeling proef in vennootskap met AvaGro. In 2023, is meer as 2 222 piesangsaailinge aangeplant in die Zambezi-streek as deel van die inisiatief. Die raad sê bykomende piesanggewasse sal by die Etunda-groenskema by Ruacana aangeplant word op ‘n gebied net minder as ‘n hektaar.