Dis ‘n fout om EU soldate te ontplooi sonder VSA – Zelensky
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê dit sou ‘n groot fout wees om Britse, Franse en ander geallieerde troepe te ontplooi om Oekraïne se veiligheid te waarborg sonder om die VSA te betrek. Hy sê so ‘n stap sal “Rusland ‘n voordeel gee”. Hy sê Londen en ander Navo-lidlande moet nou hul weermagte versterk of die risiko loop om hulself in die Oekraïne se posisie te bevind. Hy het vergader met David Lammy, die Britse buitelandse sake minister. Lammy het hom verseker van Britse bystand.