Alweendo sê Namdia se sekuriteit wek kommer

Die minister van myne en energie Tom Alweendo sê sekuriteit by Namdia wek kommer. Sy aanmerkings kom na die gewaagde roof op 18 Januarie waaroor owerhede steeds doodstil is. Volgens Alweendo behoort die roof nie die land se beeld op die internasionale diamantmark te skaad nie maar, die Engelse dagblad, The Namibian berig hy sê hy hoop die polisie voltooi vinnig sy ondersoek en maak besonderhede bekend. Hy sê dit is belangrik om te weet wat gebeur het.