USAid: Daar is reeds plaaslik ‘n impak
Die bevriesing van befondsing deur Amerika se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, of USAid, het onmiddellik enige geldelike steun van die Amerikaanse regering aan inisiatiewe in ander lande gestaak. Namibië is een van die geaffekteerde lande en verskeie projekte word hoog en droog gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda gepraat, wat die posisie van sekere projekte verduidelik.