Namibië gebruik net 1,6% van Oranjerivier se water
Die Namibië Streekswatersimposium in Keetmanshoop het vandag geëindig. Tydens die aanbiedings het die adjunkdirekteur vir waterbekkens, Ndila Nashili, gepraat oor die Oranje-Senqu-rivierkom wat oor vier lande in Suider-Afrika strek: Botswana, Lesotho, Namibië en Suid-Afrika. Die rivier staan bekend as die Senqu in Lesotho, maar verander sy naam na die Oranje in die res van die kom. Tydens die aanbieding het Nashiili beklemtoon dat meer as 60 persent van die rivier se water deur Suid-Afrika gebruik word en Namibië gebruik slegs 1,6 persent.