Kredietverlening: Matige groei vanjaar verwag, daar’s risiko’s
Namibië se kredietgroei in die privaatsektor het in Desember 2024 tot 4 persent op ‘n jaargrondslag versnel. Simonis Storm sê in ‘n verslag dit is hoofsaaklik aangedryf deur sterk korporatiewe leentransaksies, veral in die mynbou- en visserysektore. Korporatiewe krediet het met 5,4 persent op ‘n jaargrondslag gestyg, terwyl huishoudelike kredietgroei onveranderd gebly het teen 3,1 persent, beïnvloed deur hoë rentekoerse en strenger uitleenvoorwaardes. Ten spyte van wêreldwye inflasiedruk bly die plaaslike kredietomgewing stabiel, en korporatiewe krediet sal na verwagting bly groei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, ‘n ekonoom by Simonis Storm, wat meer het.