Okahandja moet asgat skuif, kort N$1,2m
Okahandja moet sy stortingsterrein skuif en benodig 1,2 miljoen Namibiese dollar om die bestaande gebied te rehabiliteer. Die meeste dorpe in die land het nie formele stortingsterreine waar besoedeling en meer verhoed word nie maar, het net asgate. Op Okahandja is die terrein nou omsingel met informele strukture en die vierde en vyfde uitbreiding van die nuwe Ekunde-buurt. Die burgemeester Beatrice Kotungondo sê die dorp brei vinnig uit en het reeds 24 000 inwoners en die terrein is nodig vir verdere uitbreiding van die Ekunde-buurt.