Parool van Allison Botha se aanvallers, teruggetrek
Onthou jy vir Allison Botha wat oorleef het na ‘n gru-aanval in Gqeberha? Haar veroordeelde verkragters Frans du Toit en Theuns Kruger se parool is herroep. Die twee is in 1995 skuldig bevind aan die verkragting en wrede aanval op Alison Botha. Botha het die verskriklike beproewing oorleef en kon haar aanvallers uitken. Hulle is lewenslange tronkstraf gevonnis. Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het die parool wat hulle in 2023 toegestaan is, teruggetrek en verwys na die departement se verbintenis tot geregtigheid en slagoffers se regte: