Openshaw praat oor reddingspoging van man wat in rivier meegesleur is

Die liggaam van ‘n bejaarde Windhoekse man wie se motor in Auasblick deur vloedwater meegesleur is terwyl hy na ‘n wolkbreuk die Gammamsrivier probeer oorsteek het, is gevind. Sy liggaam is langs die rivier gevind, naby die kruising van Hendrik Witbooirylaan en Moses Garoebstraat. Volgens berigte het hy sy 87ste verjaardag gevier en was besig om twee werkers huis toe te neem. Hulle het daarin geslaag om uit die voertuig te ontsnap toe dit teen ‘n boom vasgespoel het. Sy identiteit is nog nie bekendgemaak nie. Percy Openshaw van Crisis Emergency and Response Services was op die toneel en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.