SA het opknapping van landelike kolleges in visier
Die Departement van Hoër Onderwys wil met internasionale organisasies saamwerk om akademiese en beroepsgerigte programme by landelike kolleges vir tegniese en beroepsgerigte onderwys uit te brei. Die doel is om mededingendheid ʼn hupstoot te gee en geriewe te verbeter. Minister Nobuhle Nkabane het Maandag die Vhembe TVET College se Makwarela-kampus in Limpopo besoek en sê daar is ʼn dringende behoefte om in landelike onderwys se infrastruktuur te belê.