Werkloosheidskoers van 54,8% ‘afgryslik, skokkend’
Die dagblad The Namibian berig dat Namibië die hoogste werkloosheidsyfer in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het. Deur die 2023-definisie te gebruik is die werkloosheidskoers 36,9 persent, maar onder die breër 2018-definisie is dit 54,8 persent, wat dui op aansienlike onderindiensneming en moedelose werkers. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging.