AWB-leier sê hy’t aan Trump geskryf oor SA
‘n Ware storm woed in Suid-Afrika na Amerikaanse president Donald Trump se aankondiging dat hy toekomstige befondsing aan die land sal sny, hangende ‘n volledige ondersoek oor grondonteieningsbeleid. Trump het ook gesê dat die land sekere klasse mense baie sleg behandel. Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief gepraat met Steyn von Rönge, die president van die Afrikaner Weerstandsbeweging, wat sê hy het ‘n brief aan Trump geskryf oor kwessies in die land.