Oppas vir misleidende registrasiefooie: onderwysaktivis
Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, waarsku ouers en voogde om waaksaam te wees oor misleidende versoeke vir registrasiefooie. Hoër-onderwys instellings se 2025 akademiese jaar begin hierdie maand en die publiek word gemaan om waaksaam en ingelig te wees oor die registrasiefooi-beleid van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Makaneta sê die skema dek die volle registrasiefooi van arm studente en dié uit ʼn werkersklas-agtergrond wat kwalifiseer.