Sinner tans beste in wêreld: Alcaraz

Tennis: Carlos Alcaraz beskou die wêreld se nommer een-speler, Jannik Sinner van Italië, as die beste speler tans. Die Spanjaard, wat derde op die ranglys is, word saam met Sinner beskou as die Top Twee van die nuwe geslag nadat elkeen verlede jaar twee Grand Slam-titels gewen het. Alcaraz het nou vier, terwyl Sinner verlede maand in Australië sy telling tot drie opgeskuif het. Alcaraz sê Sinner bereik die eindstryd of wen elke toernooi waarin hy speel. Alcaraz is tans die topgekeurde in die Rotterdamse Ope in Nederland.