Vloedwater tref Noordoos- Australië na 1m reën

Mense in die noordooste van Australië is gedwing om voor snelbewegende vloedwater te vlug. Storms het binne twee dae reeds meer as ‘n meter reën in dele van Queensland veroorsaak. Lugbeeldmateriaal toon landelike gemeenskappe omring deur vloedwater, met paaie wat afgesny is. Die owerhede het die 2 100 mense in die gewilde toeristebestemming Townsville aan die kus naby die Groot-Koraalrif aangesê om te ontruim. ‘n Vrou in haar 60’s is dood toe die reddingsboot waarin sy was, omgeslaan het in die plattelandse dorp Ingham, sowat 100 kilometer van Townsville.