EU vergader, kriewelrig oor Trump, Rusland

Leiers van die Europese Unie kom vandag byeen om te bespreek hoe om die vasteland se verdediging teen Rusland te versterk en hoe om die Amerikaanse president Donald Trump te hanteer, veral oor sy tariewe. Die leiers van die EU se 27 nasies sal ook met Mark Rutte, sekretaris-generaal van Navo en Britse premier Keir Starmer vergader. Die eerste sessie vandag sal fokus op geopolitiek en betrekkinge met die Verenigde State en daarna sal Rusland onder die loep kom.