Trump erken tariewe kan pyn veroorsaak

Amerika se president Donald Trump sê tariewe wat teen Mexiko, Kanada en China ingestel is, kan pyn veroorsaak maar dit sal die moeite werd wees. ʼn Tarief van 25-persent word gehef op alle invoere uit Mexiko en die meeste goedere uit Kanada, en 10 persent op Chinese goedere. Meer as ʼn kwart van alle Amerikaanse invoere kom uit Kanada en Mexiko en sluit ʼn aansienlike deel van Amerikaners se kos in verskeie belangrike kategorieë in. Trump sê Amerika moenie triljoene dollar verloor omdat hy ander lande subsidieer nie.