Geen planne aangekondig vir eerste herdenking van Geingob se dood nie
Die inligtingsministerie het bevestig dat daar nog geen inligting is oor ‘n moontlike herdenking vir die eerste aandenking van die afsterwe van oud-president Hage Geingob nie. Geingob is dood aan kanker op 4 Februarie verlede jaar, die eerste sittende president in die land se geskiedenis. ‘n Herdenking word verwag maar, die Presidensie is nog doodstil daaroor. Intussen het die Nasionale Vergadering te kenne gegee dat hy nie môre, soos geskeduleer nie, sy sitting sal hervat nie maar eers Woensdag, ter nagedagtenis van Geingob.