Rubiales se ‘soen’ verhoor begin vandag

Die gewese hoof van die Spaanse Federasie, Luis Rubiales, word van vandag af verhoor omdat hy die ster-speler Jenni Hermoso gesoen het. Hy het haar sonder toestemming op die mond gesoen toe hy die vrouespan gelukgewens het met hulle Wêreldbeker-oorwinning in 2023. Die 47-jarige Rubiales het wêreldwye verontwaardiging ontketen en is later gedwing om te bedank. Hy staan tereg op aanklag van seksuele aanranding en dwang, en aanklaers dring aan op tronkstraf van twee-en-‘n-half jaar.