Groot kommer oor dwelmgebruik op Rehoboth

Toenemende dwelmgebruik in Rehoboth het ‘n bekommernis vir inwoners geword. Veral die jeug word deur handelaars geteiken en die dwelmgebruik lei tot ‘n toename in misdaad in die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het met Rehoboth-gemeenskapsleier Manfred Draghoender gesels wat sy kommer uitspreek.