Witmielie-produsente moet oesvoorspellings indien

Die Namibiese Akkerbouraad doen ‘n beroep op alle witmielie-produsente om hulle oesvoorspellings vir die seisoen by die raad in te dien. Besproeiingsprodusente moet indienings doen teen 21 Februarie terwyl droëlandprodusente teen 21 Maart hulle syfers moet deurgee. Nuwe of ongeregistreerde produsente moet dringend registreer met vorms wat aanlyn by die raad se webtuiste of op sy Facebook-blad beskikbaar is.