SAID verbeter weer met opgawes
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het 543 252 voorlopige belastingopgawes vir die 2024-belastingjaar ontvang, ‘n 4,76-persent toename sedert 2023. Daarbenewens het 162 690 belastingbetalers uitstaande opgawes vir vorige jare ingedien. Trust-indienings het ook gestyg en staan op 84 134 vir 2024. Byna 6,8 miljoen nie-voorlopige belastingbetalers het opgawes ingedien, met outomatiese aanslae wat met 24,94 persent toegeneem het. Die Inkomstediens gaan voort om vrywillige nakoming aan te moedig, en waarsku dat nie-nakoming beboet word. Hy sê digitale platforms word verbeter om belastingprosesse te vereenvoudig, met streng maatreëls wat teen wanbetalers afgedwing word.