Saara kort N$600m vir droogtehulp tot Junie

Die kantoor van die eerste minister het aangekondig dat 600 miljoen Namibiese dollar nodig is om die droogtehulpprogram tot Junie vanjaar vol te hou. Tot dusver het die kantoor skenkings van meer as 115 miljoen dollar ontvang, wat kontant en voedselskenkings insluit. Die streke wat die meeste hulp nodig het is Kunene, Erongo en Omusati, wat al vir ses agtereenvolgende jare droogte ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Maximus Halwoodi, die kantoor se skakelbeampte, wat meer inligting gee.