Daar’s dalk beurtkrag die naweek: Eskom

Eskom waarsku oor ‘n groot moontlikheid van beurtkrag die naweek, ná meer as tien maande se ononderbroke kragtoevoer. Noodreserwes raak min weens gebreekte eenhede en noodsaaklike herstelwerk, en tot fase vier-beurtkrag kan oor die naweek nodig wees. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die somervooruitsigte bly onveranderd en Eskom hou die situasie fyn dop.